Dagbreek-straatmyl

Leefstyl
120 Minute
15 Oktober
16:30
R50 per deelnemer | Gratis vir toeskouers

Die gewilde Dagbreek-straatmyl word vanjaar die 14de keer gehardloop in een van die mooiste strate in Suid-Afrika: Victoriastraat op Stellenbosch. Dit behels sewe wedlope met altesame 15 afdelings – van o.10 tot Meesters – en die enigste skaatsplankmylwedloop in die land. ’n Fees van aksie, musiek en vermaak vir die hele gesin. Bel Francois by 083 368 5948 vir meer inligting, of stuur e-pos na info@straatmyl.co.za.