Die gewilde Dagbreek-straatmyl word vanjaar die 13de keer gehardloop. Dit behels 8 wedlope met altesame 13 afdelings – van o.13 tot Meesters – en die enigste skaatsplankmylwedloop in die land. ’n Fees van aksie, musiek en vermaak vir die hele gesin! Boonop is dit vanjaar nie net die 60ste herdenking van De Villiers Lamprecht se eerste droommyl op 13 November 1964 op Coetzenburg in Stellenbosch nie – ons vereer ook vir Zola Budd, wat 40 jaar gelede haar wêreldrekord in die 5 000 m op Coetzenburg opgestel het, en haar ikoniese wedloop in 1984 teen Mary Decker by die Olimpiese Spele in Los Angeles. Bel Francois by 083 368 5948 vir meer inligting, of stuur e-pos na info@straatmyl.co.za.