Dave Pepler: Smelt

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
6 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

Dave Pepler se jongste boek gaan oor verandering. Komplekse stelsels, selfs eenvoudiges, is stabiel totdat iets dit beïnvloed en die ganse stelsel ’n faseverandering ondergaan. Ys word water, water word stoom. Dit geld ook vir die mens. Eendag is ons stabiel en gelukkig; die vol­gende dag ver­pletter. Eendag is ons gesond en sterk; die vol­gende siek of gees­te­lik gebroke. Smelt speel in op hierdie subtiele verskynsel – fases in die natuur en by die mens. Natasha Harmse gesels met Pepler.