Groot digters gaan nooit werklik dood nie. Hul woorde leef voort as die kompos waarin die volgende geslag se gedigte ontkiem en groei. Hul gedigte bly lewe in die hart, mond en lyf van almal wat hulle woorde hoor, lees en sê. In hierdie voorlesing vier lewende digters die digkuns van hul gestorwe voorgangers, en tree in gesprek met groot geeste wat saliger is. Met voorlesings uit die werk van die digters van gister, en vars poësie deur digters uit die versamelbundel Merang en die plaaslike literêre tydskrif New Contrast.