Deur die sterre gelei is die trilogie van Deneys Reitz se drie gewilde boeke wat die gebeure van sy merkwaardige, aksiebelaaide lewe saamvat. Trevor Emslie, wat gesorg het vir die publikasie van dié outobiografiese trilogie in Afrikaans, gesels met Deneys Reitz se kleinseun Mike Reitz oor Reitz se drie boeke: Kommando, Trek voort en Geen uitspan.