Die deurstraalde woord

Klassieke musiek
50 Minute
15 Oktober
19:00
R190-R250 | R220-R280 by die deur

Vir die veelbekroonde komponis Hendrik Hofmeyr is die toonsetting van digkuns ’n lewenslange passie: “Musiek het die magiese vermoë om die woord te deurstaal met atmosfeer, emosie en simboliek – om dít wat om en agter die teks lê aan ons tuis te bring.” Twee van Suid-Afrika se voorste musici bied ’n keur aan uit sy Afrikaanse toonsettings waarvoor hy met ’n toekenning vir vernuwende denke deur die KKNK vereer is.

Met Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Esthea Kruger (klavier), Hendrik Hofmeyr (komponis)