Die groot Afrikaanse diktee: Finaal

Diskoers
Afrikaans
180 Minute
10 Oktober
11:00

Die wenners word gekroon ná hierdie finale ronde van die Groot Afrikaanse Diktee. Dié kompetisie is geskoei op die Groot Dictee der Nederlandse Taal wat sedert 1990 in Nederland en Vlaandere aangebied word. Die konsep is eenvoudig: ’n Teks van 250 tot 300 woorde word verskeie keer voorgelees en leerlinge moet mooi luister en dit so akkuraat as moontlik neerskryf. In die proses word woordeskat, taalgebruik en kennis oor leestekens getoets. Een woord. Een komma. Een kans.

10 OKT 11:00
Adam Small-seminaarkamer | 180 min

’n SASNEV-inisiatief, in samewerking met die Nederlandse Taalunie, Wes-Kaapse onderwysdepartement, Penguin Random House