Aangebied deur Naledi
Die joernalis Daniëlla van Heerden se immergewilde poduitsending ’n Ma & ’n mikrofoon is die inspirasie vir haar boek Die hart van ’n ma. Al die fases van ouerskap word in die bundel bespreek en gevier: die onsekerheid van ’n eerste swangerskap, die opwinding van ’n pienkvoet, die uitdagings van die tienerjare en die heimwee van ’n leë nes. Van Heerden neem ’n splinternuwe episode op met Dominique Olivier, skrywer van Lessons from Loss: Life on the Other Side of Grief as haar spesiale gas.