Aangebied deur Tafelberg
Annemarié van Niekerk het in 2023 opslae gemaak met haar memoires, Onder ‘n bloedrooi hemel, wat ook in ’n baie suksesvolle teaterproduksie verwerk is. Nou is sy terug met ‘n roman: Die oorkant vertel die verhaal van Ada wat noodgedwonge van haar grootwordplaas moet weggaan, maar dan ná twee dekades terugkeer en deur daaroor te skryf die skimme van haar verlede probeer tem. Cintaine Schutte gesels met Van Niekerk oor die boek, stories en die genesende krag van die natuur.