Die piesangskille

Toyota Musiekfees
60 Minute
16 Oktober
19:00
R180 | R210 by die hek

Die Piesangskille is ’n random band van Potch wat ná die sukses van hul liedjie “Inge 2” en twee ateljee-albums druk besig is om hul derde album op te neem. Die groep sê omdat hul liedjies ’n “heeltemal nuwe” klank het, is dit moeilik om te beskryf in watter genre hul musiek val. Die twee tjommies Daniel Marais en Johan Balt het mekaar in die koshuis ontmoet en ontdek hulle hou albei van musiek maak. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Met Daniel Marais, Johan Balt