Die Serwiër

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
7 Oktober
14:30
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Queillerie

Twee Van der Merwes loop by ’n skrywerskamer in… Een van hulle is Carel van der Merwe, bekroonde skrywer van boeke soos Geldwolf, Donker stroom en Kansvatter. Die ander is Schalk van der Merwe, historikus, musikant en ywerige leser van spioenasiefiksie. Maar hierdie is nie ’n grap nie: Wat volg, is ’n gesprek oor Carel se jongste boek, Die Serwiër. Schalk gaan Carel uitvra oor genrefiksie, die skryfproses, en hoe dié riller die sluier lig op Suid-Afrika se verstrengelde kriminele en politieke onderwêreld.