’n Terapie-uitstalling. Vyf afsprake. Mense en hul dinge. ’n Terminale diagnose oortuig ’n vrou haar sensitiewe man is die oorsaak van haar vervelige lewe. ’n Angstige alleenloper voel vasgevang in sy kindertyd. ’n Diep gelowige vrou besoek die “kopdokter” op aandrang van haar dogter. ’n Obsessiebelaaide jong volwassene voel sy ma wil hom doelbewus verkeerd verstaan. ’n People-pleaser se woede is die wêreld se skuld.