Die veldhospitaal

Visuele kuns
14 Oktober
10:00
15 Oktober
10:00
16 Oktober
10:00
17 Oktober
10:00
18 Oktober
10:00
19 Oktober
10:00
R1 000 per week | R500 per dag | R250 halfdag

Almal is moeg, siek en sat, lê met ’n eina-pyna hart, effens mal, huilerig, gee moed op…
en voel genoeg is genoeg. Daarom het ons besluit om saam ’n veldhospitaal te bou waar
ons as sukkelende kreatiewe lywe net ’n drup of ’n drukkie of íéts kan kry. ’n Plek waar
ons waarhede kan leef en stories saam kan weef. Dít is die medisyne! Die Veldhospitaal is
’n ervaring, ’n avontuur na die binnewêreld. Dit is ’n lewende kunswerk wat ontstaan uit
individuele kunstenaars wat elkeen organe, liggaamsdele en abstraksies van menswees
verteenwoordig.

Die Veldhospitaal se besoekure is van 10:00 tot 22:00 van 14 tot 19 Oktober; een
feeskaartjie dek alles. Skandeer die QR-kode om na ons webwerf te gaan waar ’n
regstreekse skedule beskikbaar is. Ons is nie gepla met perfeksie nie, want dit is juis deur
die krake waar die lig inskyn. Ons wil mekaar net so ’n bietjie vashou, ’n skouer en ’n oor
wees, aan trooskos weglê, alles uit die hart probeer doen, volkome ervaar, en aanvaar
en gesond word, help waar ons kan, ’n inspirasie-inspuiting gee, ’n blaaskans vir die siel
wees, ’n uitroep aan die heelal maak, of ’n saak van gebed begin.
As jy nie heeltemal verstaan wat hier geskryf is nie, chillax, volg net jou instink en kom!
Kom boek jouself in by die Veldhospitaal. Bring blomme en ’n beterskapkaartjie saam as jy
wil. Hoe ook al, ’n kopdraai-bohaai sal dit bly.

14 tot 18 OKT 10:00-22:00

19 OKT 10:00-18:00

Libertas-plaas