Aangebied deur Queillerrie
Op die drumpel van 60, met haar jongste kind op pad uit die huis, sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewensom rus in haarself te vind. Die enigste konstante blyk haar versorging van katte te wees wat soos ’n draad deur haar lewe loop. Debbie Loots se jongste roman gaan oor die soeke na betekenis en vrae oor die doel van die lewe, en word deur ’n gevreesde siekte op die spits gedryf. Gretha van der Merwe vra die vrae.