Zamar is al 20 jaar in die bedryf en bring weer hul onmiskenbare passie en energieke spel na die nuwe vertoning Dis Zamar lekker. Laat hul virtuose spel, afwisseling tussen instrumentale en vokale musiek enlieflike stories jou wegvoer na verre lande met alles van Piazzolla tot Chick Corea, wals tot tango, en vastrap in Afrikaans tot flambojante jazz.