Doktor Soutie: Live in Concert

Toyota Musiekfees
English, Afrikaans, isiXhosa
Gesin
70 Minute
9 Oktober
20:00
11 Oktober
16:00
R180 | R210 by die deur

Met Philip Southey

Wat gebeur wanneer ’n mens klavier, elektriese én Spaanse kitare, Ierse fluit, sintetiseerder, djembe, Afrikaanse rap… en doedelsak kombineer? Kom laat die Doktor jou wys! Hierdie naatlose kaleidoskopiese reis deur Keltiese klaagliedere, jazzklavier, 80’s synthpop, 90’s rock, Afrika-ritmes en Spaanse kitaar is ’n musikale fees. Alle klanke word intyds geskep en niks is vooraf opgeneem nie. Doktor Soutie gebruik ’n looping-stelsel om sy komposisies op te bou (en af te breek), en weef asem, snaar, en tromvel saam in ’n besonderse groovy tapisserie.