Met Lelanie van der Berg (sang), Philip Vermeulen(kitaar), Melisizwe Plaatjie(klavier)
Draai die ligte na môre is ’n unieke, intieme musiekervaring wat gehore nooi om nie net te luister nie, maar werklik te vóél. Hierdie produksie verweef jazz, ghoema en kontemporêre wêreldklanke in oorspronklike liedere wat vars, eerlik en diep roerend is. Die musikante word verenig deur ’n gedeelde passie vir musiek en neem die gehoor op ’n emosionele reis deur lig en skadu, herinneringe, verlies en nuwe beginne.