Met Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys, Winand Grundling (klavier)
Drie kunstenaars, drie uiteenlopende stemme, drie persoonlikhede – drie van die bestes! Ten spyte van elkeen se uiteenlopende musiekstyl skep hierdie ensemble, wat bekend is vir hul a cappella- en ensemblesang, ’n naatlose klankmosaïek – van pop en ballades tot ligte klassieke musiek – wat die gehoor by elke vertoning op hulle voete het.