Kom geniet die wonderlike tuin van die beeldhouer Dylan Lewis waar meer as 60 van sy werke in ’n pragtige natuuromgewing ten toon gestel word en ’n magiese ervaring skep. Die toer word gelei deur Hanlé Hill wat graag haar kennis en netwerk van kunstenaars, ateljees en tuine deel.
Let wel Die tuinpaadjies is ongelyk en met los gruis bedek – en dus gevaarlik vir diegene wat onvas is op hul voete. Daar is geen parkeerplek by die tuin nie; gaste vertrek ’n halfuur voor elke toer – per bussie vanaf die Kochstraat-pendeldienshalte.