EasyEquities finansiële gesprekreeks: The Art of Collecting

EasyEquities finansiële gesprekreeks
60 Minute
14 Oktober
18:00
R100 | R150 by die deur, skemerkelkie ingesluit

Waarom jy kuns, wyn en juweliersware moet versamel

Kom luister na Frank Kilbourn, uitvoerende hoof van Strauss & Co, Josh Ginsburg, direkteur van die A4 Arts-stigting, dr. Alastair Meredith, hoof van Strauss & Co se kunsafdeling, en Carel Nolte, bemagtigingshoof van EasyEquities, terwyl hulle gesels oor die liefde vir en waarde van versameling. Onder leiding van Sean O’Toole, die fasiliteerder, gesels die paneel oor waarom dit vervullend en lonend kan wees om kuns, wyn en juweliersware te versamel.