Met Rose Jordaan, Carel Nolte & Carly Barnes(gespreksleiers)
Jordaan gesels oor entrepreneurskap, wynmaak, bemarking, natuurbewaring, velddraf en nog meer. Sy is die eienaar van Plaisir waar sy haar rol sien as bewaker en bewaarder vir toekomstige geslagte. As argitek en natuurliefhebber het sy al verskeie projekte in en om Stellenbosch aangepak om die gebied vir almal beter te maak.