Die ouskoolse speurder Jan Brand moet die jazzsangeres Alia Vry ondervra nadat haar man, Henkie Uiwe, vermoor is, maar een drankie word gou ’n paar en een liedjie vinnig drie. In hierdie maltrap verhoog-avontuur kry klassieke jazztreffers ’n nuwe baadjie en word stories blitsig gespin in ’n kroegie met meer as net grondboontjies en goedkoop whisky.