Met Zorada Temmingh
Begin die dag met stilword onder strelende orrelmusiek terwyl die eerste lig deur die kleurglasvensters van die Moederkerk val. Steek ’n kersie aan vir ’n geliefde of ’n gedagte. Op Vrydag 9 Oktober sal Nagmaal bedien word. Die koffiestalletjie sal elke dag oop wees.