Eerste vir alles

Spier Toneel
Afrikaans
o/14
75 Minute
7 Oktober
10:00
9 Oktober
11:00
11 Oktober
14:00
R180-R295 | R210-R325 by die deur

Met Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck

Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Dit was glad nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, gehoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Noudat die laatlammetjie die huis gaan verlaat, het Adam en Eva binnekort weer net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ’n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Ná baie goed en kwaad het hulle vir oulaas ’n appeltjie met mekaar te skil. ’n Komedie oor saam ou bene maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.

Vervaardiger Arena Produksiehuis
Regisseur en skrywer Wessel Pretorius
Ontwerp Nell van der Merwe
Verhoogbestuur Wicus Louw

’n Ko-produksie van dieSuidoosterfeesenVrystaat Kunstefees.