Aangebied deur Flyleaf
Ek is nie Danie is ’n versamelbundel wat hoogtepunte uit Danie Marais se vier vorige digbundels byeenbring: In die buitenste ruimte (2006), Al is die maan ’n misverstand (2009),Solank verlange die sweep swaai (2014) en Ek en jy bestaan nie (2024). Die bundel is gebore uit die wegholsukses van die gelyknamige verhoogproduksie met Albert Pretorius. Bibi Slippers praat met Marais en Pretorius oor gedigte, musiek, misverstande en verlange – en die fenomeen wat Ek is nie Danie geword het.