Ek koop my eie blomme

Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.16 (S)
60 Minute
11 Oktober
13:00
12 Oktober
10:00
13 Oktober
16:30
R200-R250 | R230-R280 by die deur

Miley Cyrus se “I Can Buy Myself Flowers” het ’n kreetlied vir enkellopende vroue reg oor die wêreld geword. In dié eenvrou-komediedrama deel die eiendomsagent Natalie Jackson die op-en-af van haar verhoudings, kinders, loopbaan en vriendskappe. In haar vroeë vyftigs is sy amptelik oud genoeg vir ’n tweede of derde huwelik, jonk genoeg om nie vir apartheid geblameer te word nie en vrou genoeg vir menopouse. Natalie en haar vriendinne noem nie verniet hul WhatsApp-groep Ses-in-die-city nie! Ná jare van terapie om haar demone én die patriargie te tem is Natalie uiteindelik gereed om volgens haar eie voorwaardes te leef.

Met Erika Breytenbach

Vervaardiger Unlikely Productions in samewerking met MVG Productions

Regisseur Toni Morkel

Skrywer Mike van Graan

Vertaler Louise Schweikert