Elogio de la Danza/ In Praise of Dance

Klassieke musiek
60 Minute
16 Oktober
19:00
18 Oktober
11:00
R185-R230 | R215-R260 by die deur

In dié visueel en ouditief boeiende produksie deur vier vooraanstaande vrouekunstenaars word die kunstenaarskap en elegansie van ballet en die intensiteit van kontemporêre flamenco-dans gekombineer met die ryk en virtuose klanke van klassieke kitaar en viool. Gehore word oor vier eeue se musiek weggevoer – van die majestueuse J.S. Bach en eteriese Arvo Pärt tot ’n opwindende huldeblyk aan Igor Stravinsky en sy Die lente-offer. Maak jou reg vir kragtige danssolo’s en opwindende, dinamiese pas de deux.

Met Nina Fourie-Gouws (klassieke kitaar), Renée van der Westhuizen (viool), Gita Galina (ballerina), Ché Adams (flamenco-danser)