Met Elvis Blue, Juan Floors Oosthuizen(kitaar), Thinus Odendaal(tromme)
Toe, nou, môre is ’n musikale reis deur die stories, herinneringe en oomblikke wat ons vorm. Met bekende liedjies, persoonlike stories en nuwe perspektiewe kyk Elvis Blue terug na waar ons was, waar ons nou is, en die hoop waarmee ons vorentoe leef. Dis ’n vertoning vol nostalgie, lag, eerlikheid en musiek wat soos huis voel.