Leefstyl
Afrikaans
50 Minute
17 Oktober
13:00
Gratis

Kom luister en gesels saam met twee pa’s wat saam die uitdagings van ouerskap die hoof probeer bied. Eens op ’n tyd het kinders sorgeloos skool en dorp toe gestap of fietsgery, maar ons besorgdheid oor hul veiligheid het veroorsaak dat ouers kinders oral heen aanry. Vryheid word ingeboet, terwyl ’n groter gevaar skuil in elke huis met sosiale media wat deesdae vir almal toeganklik is. Hoe werk ons met dié tameletjies en hoe deel ons iets van die erfenis van ’n vorige geslag wat gewoond was aan spel, avontuur en gesonde vermaak?

Met Jan van Zyl, Fourie Rossouw