Spier Toneel
60 Minute
10 Oktober
19:30
R180-R290 | R210-R320 by die deur

Met Pieter-Dirk Uys

Die land se bekendste wit vrou is 90. Sedert 1981 verteenwoordig sy Suid-Afrika se ambassadeur in Bapetikosweti, vasgevang tussen publieke oor en oog. Van NP tot ANC, Luthilihuis se kombuis … Sy het nie ’n kristalbal nodig om te sien wat aan die gebeur is nie. Die toekoms is seker, dis die verlede wat onvoorspelbaar is. En soos altyd sal Evita lag-lag sinmaak van ons demokratiese Wilde Weste.