Met Darion Adams, Liezl de Kock, Iman Isaacs, Sophie Joans, Siphenathi Mayekiso, Toni Morkel
’n Ontstellende, surrealistiese drama oor menslike strewe, versoeking en onbeheerste ambisie. Hierdie 21ste-eeuse dr. Faustus, gedryf deur ’n onversadigbare honger om ’n innerlike leegte met betekenis te vul, sluit ’n ooreenkoms met Mefistofeles en bevind hom op ’n pad van uitbreiding, innovasie en beheer: Hy karring in die ekonomieë van die Globale Suide, orkestreer oorlogspeletjies en droom daaroor om baas te speel oor die natuur, die samelewing en selfs verre planete. Die produksie is gegrond op die tweede deel van Goethe se meesterwerk en is weer in Suid-Afrika op die planke ná ’n baie suksesvolle wêreldtoer.
Vervaardigers Third World Bunfight, Barbara Mathers
Regisseur en ontwerp Brett Bailey
Skrywers ChatGPT (dramaturg), Brett Bailey (outeur)
Choreografie Natalie Fisher
Maskers Jayne Batzofin
Musiek met die vergunning van BNF, Denovali Records, Esoteric Antennae Records, Deutsche Grammophon, Pelagic Records, Smalltown Supersound, Naxos Music, Kompakt, One Media Publishing, Naïve Records, Zefir Records, Universal Music, Biophon Records, Celestial Harmonies.
Beligtingsontwerp Nicolaas de Jongh
Verhoogbestuur Yusuf Abrahams, Fundiswa Mrali
’n Ko-produksie met Les Théâtres de la Ville de Luxembourg, Théâtre Nanterre-Amandiers-CDN, Kleist Forum Frankfurt (Oder), geskep met ondersteuning van Spier