Die Stellenbosse Moederkerk neem deel aan die Woordfees met twee besonderse eredienste met die oorkoepelende tema “Deelteken”, wat aansluit by die Woordfees-tema.
12 OKT: Deelteken 1
Een liggaam, baie dele. In ’n wêreld van verdeeldheid, polarisasie en verdagmakery deel die kerk Nagmaalstekens uit (1 Kor. 1). Dit is ’n spesiale Nagmaal-sangdiens. Die Cape Town Camerata o.l.v. Leon Starker deel in die lof en aanbidding.
19 OKT: Deelteken 2
Ons word genooi tot ’n lewe van mededeelsaamheid terwyl ons deel het aan die lyding, sterwe en opstanding van Christus. Om deel te hê aan die lewe van Christus (wat Homself met ons kom deel het) en so ook “deeltekens” te word in sy wêreld (1 Kor. 15). Die Stellenbosse Madrigaalsangers en vriende o.l.v. Elsje Kemp sal deel wees van die aanbidding.