Tom Dreyer, Stellenbosser, veelbekroonde skrywer en Hertzogpryswenner vir poësie, is vanjaar ons feesdigter. Sy jongste bundel, Brief op veertigduisend voet, gee die feestema vlerke. Kyk oral op die feesterrein na bo om Dreyer se woorde in die hoogtes te sien, versamel ’n papiervliegtuigie met een van vier handgeskrewe gedigte en raak daagliks betrokke by die geleenthede waar die feesdigter verskyn.
TOM DREYER
Tom Dreyer is in 1972 gebore en gaan skool op Stellenbosch. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad en debuteer in 1997 as digter in Nuwe stemme. Hy publiseer ook prosa, rubrieke en stories, en in 2023 verskyn sy eerste solodigbundel, Nou in infrarooi, wat vroeër vanjaar met die Hertzogrpys bekroon is. In ‘n resensie van sy jongste bundel, Brief op veertigduisend voet, skryf Louise Viljoen: “Dreyer het al uitgemunt in ander genres, maar dit lyk of hy in die poësie sy ware medium gevind het.”
MAAK VRIENDE MET DIE FEESDIGTER
Jy kan by die volgende geleenthede met ons feesdigter skouers skuur:
Brief op vyf-en-twintig voet54
Oggendkoffie met Tom DreyerHoog tussen die takke: Voëlgedigte55
Om die onsêbare te sê181
Pote en poëte55
Hoogsomer: Die nuwe psigedeliese seisoen181
Hoog tussen die takke: Voëlgedigte55
Tom Dreyer: Feesdigter en vriende54