FELIX BY DIE KOPPIE

Filmfees
Afrikaans
46 Minute
13 Oktober
13:00
14 Oktober
13:00
15 Oktober
14:00
16 Oktober
13:30

Dié dokumentêr bied ’n persoonlike blik op die Marikana-slagting deur die oë en lens van die bekende Suid-Afrikaanse fotojoernalis Felix Dlangamandla. Felix praat openhartig oor die spanning, trauma, geweld en verlies wat dikwels met fotojoernalistiek gepaard gaan. Die film verken ook die komplekse dryfvere wat hom laat voel dis sy plig om ’n “ooggetuie van die waarheid” te wees, ondanks die magdom gevare wat sy werk daagliks vir hom inhou. Gesprekke met voormalige kollegas belig Felix se kenmerkende aanslag tot sy fotografie, wat ’n diepgaande impak op Suid-Afrikaanse persvryheid en internasionale fotojoernalistiek gemaak het.

13 Oktober 13:00 Neelsie 1

14 Oktober 13:00 Neelsie 2

15 Oktober 14:00 Neelsie 1

16 Oktober 13:30 Neelsie 2

Met Felix Dlangamandla, Alet Pretorius, Leon Sadiki, Pieter du Toit

Vervaardiger: Hancu Louw Xolani I. Nhlapo
Regisseur: Xolani I. Nhlapo
Draaiboekskrywer: Hancu Louw, Xolani I. Nhlapo
Redigeerder: De Wyk Pretorius
Kinematograaf: Xolani I. Nhlapo