EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
180 Minute
9 Oktober
09:30
R100 | R130 by die deur

Dis Albert Camus wat gesê het fiksie is die leuen waardeur ons die waarheid vertel. Die Toyota Stellenbosch Woordfees se eerste Fiksiefees is ’n oggend waar ons die skrywers van hierdie ware leuens en hul boeke in die kollig plaas en ons verlekker in hul stories. Gesprekke, praatjies, aanbiedings en perspektiewe – hier kyk ons uit alle hoeke na storieboeke. Met onder andere Deon Meyer, Irna van Zyl, Allan Grootboom, Anton Roodt, Michéle Meyer, Zelda Bezuidenhout, Carel Nel, Martin Steyn, Theolla LangehovenenDaniël Lotter. Bibi Slippers en Susan Booyens is die aanbieders.