Met Lana Cavernelis, Carlo Randall en ander
By hierdie intieme kruietee-ervaring vloei stories, geur en inheemse kennis ineen. Kom ontdek hoe water en plante mekaar ontmoet om genesing, smaak en herinnering te bring. Deur middel van stories en proe word jy bekend gestel aan die wêreld van inheemse kruie en medisyne, en hoe dié plante prakties deel kan word van jou daaglikse roetine — in jou kombuis, jou koppie en jou selfsorg. Kom sit saam, drink stadig en luister diep. //Gam’i di Oms is ’n uitnodiging om terug te keer na die bron — na water, die aarde en die wysheid wat reeds om ons groei.