Dans
Afrikaans
50 Minute
11 Oktober
19:00
12 Oktober
19:00
R180 | R210 by die hek

GAT is ’n rou en kragtige dans-en- teaterproduksie. Op ’n bakkie vol gebede reis die groep deur emosies van swaarkry tot vreugde en gee gestalte aan hul gemeenskap se stories. Met beweging, teks, klank en elemente van die aarde bied hulle ’n ritueel van skepping en vernietiging, geboorte en dood – ’n eerlike huldeblyk aan die geheue en veerkrag van ’n stukkende, maar lewenskragtige gemeenskap.

Met Esmé Marthinus, Miché van Wyk
(akteurs), Jaime-Lee Hine, Georgia
Julies, Manon-Lee Saal, Keeanu
Samuels, Jered Adonis (dansers)

Vervaardiger Garage Dance Ensemble
Regisseur en choreograaf Byron Klassen
Skrywers Esmé Marthinus, Miché van Wyk