Die woord- en klankgenie van die Groot-Karoo is terug op die verhoog met ’n unieke vertoning wat aanhangers soos altyd aan sy lippe sal laat hang. Danksy ’n lewe wat al ontelbare draaie gegooi het, asook sy onvergelykbare poësie, aweregse humor en droë maniërismes, is Gert ’n kultusfiguur en sy vertoning ’n geskiedkundige oomblik.