Geseënd, gewild, gelees

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
16 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

Dis nie sommer enigiemand wat ’n boek kan skryf wat groot gewildheid onder die publiek geniet nie. Terwyl party skrywers literêre pryse wen maar sukkel om boeke te verkoop, is ander geseën met die spesiale gawe om by die meeste moontlike mense aanklank te vind. Chanette Paul (Déjà vu), Leon van Nierop (Die volmaakte moord) en Riaan Grobler (Hospitaal Weltevreden) is lesersgunstelinge. Hulle gesels met Bettina Wyngaard oor die soort boeke wat wyd gelees word en hoe ’n mens die instink ontwikkel om stories te skryf wat die leesdrang bevredig.

Aangebied deur Lapa