Geskiedenis-gespreksreeks: Die bittereinders en Gideon Scheepers

Diskoers
Afrikaans
60 Minute
8 Oktober
10:30

Met Arnold van Dyk, Lindie Koorts, Peter Greeff, Schalk van der Merwe, Kabous Meiring(gespreksleier)

Die bittereinders word in die moderne konteks dikwels verkwalik omdat hulle tot die einde geveg het in die Anglo-Boereoorlog. Sommige revisionêre en leunstoel-historici is van mening dat hulle daardeur net die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe verleng het. Maar wat van verbete aanhouers soos Gideon Scheepers? Hoe raak die lens waardeur ons na hulle kyk die Afrikaner-psige? Trauma, verset of heldhaftigheid?