Met Arnold van Dyk, Fransjohan Pretorius, Albert Grundlingh, Kabous Meiring(gespreksleier)
Oorloë is ’n ongelooflike bron vir navorsing wat die mediese geskiedenis betref. Dr. Hermann Küttner het besonderse werk gelewer aan die Westelike front en ‘n hospitaal gevestig wat destyds aan internasionale standaarde voldoen het. Hy het ‘n X-straalmasjien saamgebring uit Duitsland en aangedring op elektriese lig. Sy pionierswerk gedurende die Anglo-Boereoorlog het daartoe gelei dat hy as leier beskou kan word op die gebied van traumachirurgie van daardie tyd.