Met Fransjohan Pretorius, Schalk van der Merwe, Kabous Meiring(gespreksleier)
F.W. Reitz en Jan F.E. Celliers was digters van die Anglo-Boereoorlog. In hierdie bespreking word met ’n geskiedkundige invalshoek na hul poësie gekyk eerder as net letterkundig. Die oorspong van die gedigte sê baie oor die verskrikking van die oorlog.