Die unieke taal van die gay gemeenskap, Gayle, het ontstaan in ’n tyd toe dit onwettig was om gay te wees. Sandra Prinsloo vra gebruikers uit oor hierdie taalvariant wat mense uit die kloue van geregsdienaars help hou het, en ’n medium was vir minnaars om in mekaar se arms vertroosting, pret en (soms) liefde te vind. Dié geskiedenis is vol humor, maar terselfdertyd hartverskeurend.