Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) se Onse Afrikaans is ’n reeks video-opnames deur Sandra Prinsloo wat in verskillende episodes die unieke aard, karakter en oorsprong van Afrikaans se diverse variëteite en dialekte verken. Tydens die Woordfees word 11 episodes vertoon: Kaaps, Sabela, Karoo Afrikaans, Bo-Kaap Afrikaans, Rehoboth Afrikaans, Rasta Afrikaans, Tsotsitaal/Flaaitaal, Namakwaland Afrikaans, Gariep/Oranjerivier Afrikaans, Graaffrikaans en Gayle.
Daagliks 09:00 tot 17:00
US Museum-raadsaal