Ons gesels onder meer oor die rol wat boeke, lees en boekwinkels by feeste speel. Is daar nog ’n plek vir en behoefte aan die geskrewe woord by feeste? Chareldine van der Merwe (ATKV: Vriende Van Afrikaans) gesels met Nita Cronjé (ATKV-verteenwoordiger by kunstefeeste), Diana Ferrus (bekroonde digter en skrywer), Melt Myburgh (digter en voormalige uitgewer) en Eben Pienaar (reklamebestuurder by NB-Uitgewers).