GHAM! is ’n intieme kyk binne die wêreld van Die Temple Boys van Ravensmead, wie se virale Afrikaanse treffers in die Gqom-genre eens na ’n ontsnaproete uit die Kaapse Vlakte gelyk het. Drie jaar ná hul TikTok-roem worstel die groep met verbrokkelende drome, identiteit en volwassenheid. Dié rou dokumentêr vang die groep se veerkragtigheid, humor en selfdoen-gees vas en hulle stryd om ’n gedeelde droom lewend te hou.
13 Oktober 16:30 Neelsie 1
14 Oktober 16:30 Neelsie 2
18 Oktober 16:00 Neelsie 2
19 Oktober 17:30 Neelsie 1