Gioioso Piano Quartet: Hofmeyr, Mozart & Schumann

Klassieke musiek
N/A
Gesin
95 Minute
11 Oktober
19:00
R195-R290 | R225-R320 by die deur

Met Suzanne Martens (viool),Maya Egashira(altviool), Peter Martens(tjello), José Dias (klavier)

In hierdie konsert word die wêreldpremière van Hendrik Hofmeyr se nuwe Klavierkwartetaangebied. Dis geskryf op versoek van die tjellis Peter Martens. Ook op die program is W.A. Mozart se geliefde Klavierkwartet in G-mineur(K478) en Robert Schumann se Romantiese meesterstuk, die Klavierkwartet in E-mol majeur,Op. 47.