EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
9 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Tafelberg

Die wag is uiteindelik verby: Daar is ’n nuwe boek deurWilna Adriaanse op die rak! Grensloos is ’n verhaal vol spanning en intrige, maar die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Adriaanse so geliefd is, bly nie agterweë nie. In die Adriaanse-familie loop skryf in die bloed. Twee van haar drie seuns is op verskillende maniere professionele storiemans, en beide het ingestem om hulle ma te kom uitvra oor haar jongste “kind”. Die akteur, skrywer en regisseur Beer Adriaanse en die skrywer en uitgewer Jaco Adriaanse gesels saam.