In dié uitstalling gebruik Hentie van der Merwe die landskapskilderye van Tinus de Jongh, W.H. Coetzer, J.H. Pierneef en J.E.A. Volschenk – vroeë Suid-Afrikaanse landskapskilders wat die versinnebeelding is van 20ste eeuse Afrikaner-identiteit waar temas van landelikheid sentraal staan. Van der Merwe kyk na sy eie identiteit as ’n gay wit Afrikaner in post-apartheid-Suid-Afrika. Oordadige olieverf kommunikeer en stel landskappe voor– en motiewe van berge en riviere word ’n voertuig om die Romantiek te verken.