Met Hendrik Hofmeyr (klavier), Zanta Hofmeyr (viool), Malané Hofmeyr-Burger (fluit), Laurinda Hofmeyr (sang, klavier), Schalk Joubert (baskitaar)
Die musiek in hierdie uitvoering is geïnspireer deur die vele gedaantes van die liefde en die nag. Daar’s alles – van vreugde tot die tragiese, van koestering tot erotika, van mymeringe tot die magiese. Die konsert word aangebied deur vier befaamde Hofmeyr-musici wat saam vele pryse en toekennings op hulle kerfstok het, op nasionale én internasionale vlak. Hulle word bygestaan deur Schalk Joubert, een van ons voorste baskitaarspelers.
Ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees en Momentum Aardklop